free hit counterhard drive recovery

Dag se!


Hier is so bietjie van my eie kreatiwiteit wat ek met julle wil share


Hoeveel?

Hoeveel sal dit vat om normaal te wees

Hoeveel sal dit vat om elke dag iets te lees

Al wat ek wil he is stilte en n party of twee

n Vakansie by die see

Alles in die lewe is vergete

Ek mis my gewete.


Hoeveel meer kan ons verdra

Vir hoeveel moet ons, ons siele verkoop

Ons is moeg en gatvol gekla

Ons sal onself nie meer laat sloop


Hoeveel moet ons betaal

Vir ons land en ons taal

Niemand is bereid

Om op te staan en te pleit

Dat ons, in ons, om ons, alles stadig vergaan

Hoe kan n nasie dan saam staan.


Hoeveel meer kan ons verdra

Vir hoeveel moet ons, ons siele verkoop

Ons is moeg en gatvol gekla

Ons sal onself nie meer laat sloop


Ek staan binne my deur

En dink by myself

Alles wat het en nou gebeur

Hoe gaan ons onsself daaruit delf

Met alles wat daar is

n Nasie in oneindeginde twis.


Hoeveel keer moet ons nou nog ons vingers verbrand

Elkeen, alleen, eensaam en koud in eie stand

HOEVEEL!?!?!?!?


Die Gedagtes Van Jonk Wees

Het jy al ooit gewonder

Of ky kan daar sonder

n bottel in die een hand

En n sigaret in die ander


Die tye van dronk wees

Is nou verlore en op,

Dronk in hatfield of op die square

Die memories nog vars in my kop


n Bottel brandy of n bottel bier

Wat gaan ons vanaand weer kom vier?

Gaan ons weer dronk wees?

Gaan ons weer kots?

Ek weet nie maar dit gaan ek nie vrees


Almal raak ouer met die tyd

Hierdie is lank nog nie my einde nie

My lewe gaan aan

Tot op n dag wat ek nie meer kan staan


My vriende was my redders in tye van nood

Die aande wat ek katte skiet vir die dood

Ek sal dit weer doen oor en oor

Tot die dag wat ek my lewens stryd verloor


Ek vergeet van alles wat skort

Maar vok hierdie lewe

Die lewe is te kort, so geniet jouself solank jy kan

n mens bly nie vir ewig n jonge man


In Ons Nuwe Plek

Goeie donner mense, een ding wat ek nou kan se is dat dit nie maklik is om te trek nie. Ons het so rukkie terug van ons ou woonstelletjie getrek na 'n groter plek toe. Die nuwe plekkie is nogals nice, of altans vir my persoonlik, die enigste ding wat my onder kry is dat dit so moer koud is in die aande maar andersins enjoy ek dit relatief. Op die stadium is dit maar nog 'n dak oor ons koppe en nog nie ons huis nie maar dit sal seker kom. Die ander nice ding is ek het uiteindelik 'n garage, dankie tog, nou is daar genoeg plek om al my stront te bere.
Aan die anderkant is dit nogals 'n moerse shlep, elke naweek kry ek goed om te doen en hou myself so besig dat ek nie n benul het van tyd nie. Sommer vroeg-vroeg in die oggende begin ek al spanner (besig raak) in die garage en voor ek die kak uit my oe uit kan vee dan het die rugby al begin. Anyway, my bar fridge is sommer die selfde dag as wat ons ingetrek het, op ge-fire en daar ontplof iets met een moerse bang net so skuins duskant my gat, ek skrik myself spierwit. Eventually na 3 weke bring ek die ding werk toe dat iemand hom vir my fix. Die outjie fix hom sommer toe tjop-tjop vir my. Nou moet ek nog net genoeg drinkgoed kry om vol te stock.
O-ja, daar is nog een ding wat my nou-net bygeval het wat my bietjie onder kry, maar wat ek tog in dieselfde asem geniet, tuinwerk, ons het mos nou 'n tuin ook en tuinmaak was nog nooit een van my sterk punte nie. Maar andersins bly ek nog lekker. Die dak moet nog nat gemaak word maar dit sal ons doen sodra dit bietjie meer somer is.


SA Music Scene

Wolraad Woltemade



Luister mense, hierdie nuwe befokte band is oppad na groot dinge toe. Ons het so week of twee terug na een van hulle gigs by Tings 'n Times toe gegaan (WHAT A PARTY), anyway hierdie ouens kick ass. Hulle tunes is briljant en die stage performance....... jy moet dit self beleef.
Dit was op 'n skool aand en ek het myself voorgese dat ons nie te laat sal waai nie, wel dit was 'n useless exercise, nie dat ek spyt is nie. Hulle songs, soos "Tot More Kom" en "Wolraad Woltemade" is uit die boonste gestoeltes gewees.



Party's

Detensie

Dude........ daai party was wilder as die Kruger Wildtuin gewees, almal was moertoe. My goeie vrinne by Aandklas in Hatfield bet my die groot eer gedoen om vir ons een van die bars te book vir die event. Die hele crowd was daar, Vis die seekat met sy cous cous bommies, ou Chillie wat nie sy chillie kon hou waar dit hoort nie het sommer 'n chick daar op gechat. lyk my dinge gaan goed vir hulle, ek's happy vir jou bra. Piet-Piet, Tjokkie, Juan en Ama en sommer nog 'n moerse klomp mense wat ek amper nie eers ken nie.


So ja dit is seker maar al vir nou tot later.

As julle enige stories of grappies het wat julle wil share, mail dit asb vir my dan post ek dit hier op.

P.S. Hierdie site is nie gesensor nie!!!!!!!!!